Webtuiste skakel

Verspreid oor vyf provinsies, Obaro is ‘n vinniggroeiende landboumaatskappy, met meer as 85 jaar ondervinding in die landbousektor. Sedert ons stigting in 1930, het ons nooit van ons visie om altyd in lyn met die boer te wees gedwaal nie. Hierdie visie het ons gedryf om ons produkte en dienste te verbeter en om langtermynverhoudings met ons kliënte te bou. Obaro word 51% deur boere besit.

Met uitgebreide produkte en dienste, wat van handel en brandstof tot finansiering en versekerings-makelaars wissel, is Obaro in staat om elke kliënt se spesifieke behoeftes te akkommodeer. By Obaro Handel fokus ons op die verskaffing van top gehalte produkte; soos besproeiing, hardeware, dieregesondheid en voeding, saad, onderdele, chemikalieë en tuinmaak- en troeteldierbenodigdhede aan boere. As ‘n geregistreerde finansiële dienste en gemagtigde kredietverskaffer (FSP no. 22414, NCRCP299), beskik ons ook van verskeie finansierings- en versekeringsopsies vir kliënte om van te kies.

Om onsself verder in lyn met die boer te hou, het Obaro jaarlikse inligtingsdae, karkaskompetisies, leerlingskapprogramme en internskapgeleenthede. Obaro is waarlik elke boer se een-stop-bron van enigiets landbouverwant.

Strip 2